Phantocomp
  • Welkom
  • Resepte
    • Mikrogolf
    • Gewone Oond
    • Vinnige Happies
    • Allerlei
  • Gedigte
  • Boeke
  • Algemeen
  • Kontak My
  • Engelse Boeke

Tuisblad
Resepte
Resepte Inhoud
Mikrogolf
Gewoon
Vinnig
Allerlei
Gedigte
Boeke
Algemeen
Engelse Boeke
Kontak My

Lekker Vinnige Happies

Picture
Picture
Picture
Picture
Picture

Wie kan 'n lekker happie soos daai weer- staan? Hoe moet Willie die Wurm dan dit oorleef?

kyk hier is nou .........

Hier onder is n' lekker resep vir die wat nie weet hoe maak jy 'n geroosterde ham, kaas en tamatie toebroodjie nie. Ek persoonlik hou daarvan om die tamatie weg te laat van ek hou nie van tamatie wat so half gebraai en half rou is nie, dit smaak nie lekker nie.

Biltong En Kaasrolletjies
Vinnige Goedkoop Geregte En Resepte
Happies En Poffers
-------------------------------------------------------------
Vinnige Kors Vir Souttert
Vinnige Vis
BEETSLAAI
Sous:
8 kop. water,  3 en ‘n halwe kop. suiker en  4 koppies asyn
Beet:
Kook tot gaar en sny soos verkies.
Kook in sous tot goed warm en bottel terwyl warm.

Is dit nie lekker nie ?

Picture
Daar is niks wat so lekker vir my is as 'n kaas en ham toebroodjie wat gerooster is nie. As jy nie een van daardie masjiene het om dit te maak nie maak so.
Rooster jou brood en sit dan jou ham en kaas op en plaas dit in 'n voor verhitte
oond tot kaas gesmelt het.
Wat ons altyd gedoen het toe ons kinders was; ons het die broodjie gerooster, die ham en kaas opgesit en toe met was papier toe gemaak en dit met die strykyster gestryk. Werk net so goed !

   ____________



Maak: 1 toebroodjie

2 snye brood              115 g dun gesnyde ham
55 g cheddar kaas      1/2 VARS tamatie, gesny
1 eetlepel pesto (?)
     1 eetlepel mayonnaise (?)

Metode:
1.) Op die eerste sny brood smeer jy die pesto.
2.) Sny ham dun en plaas op die brood met die pesto.
3.) Rasper die Cheddar en meng met die mayonnaise .dit maak dit makliker om dit te hanteer; smeer dit op die ander sny brood.
4.) Sny die tamatie dun en plaas dit op die cheddar en mayonnaise mengsel.
5.) Plaas die sny brood met die mayonnaise/ cheddar mengsel en tamatie skywe op die ander sny met die pesto en ham.
6.) Gebruik 'n braaipan en rooster dit oor 'n laai hitte tot die kaas smelt en die brood gerooster is na smaak. Draai dit eenkeer om, en rooster dit aan die ander kant sodat dit dieselfde is aan beide kante.
7.) Sny die toebroodjie soos jy dit verkies.

'N VINNIGE 2 1/2 MINUUT OMELET IN DIE MIKROGOLF

Kooktyd: 2 - 2 1/2 minute.  Maak: 1 porsie.
Bestanddele:
2 groot eiers
1 eetlepel koue water
botter knippie
sout
peper


Metode:
1.) Klits eiers, water sout en peper saam.
2.) Plaas 1 eetlepel botter in 'n mikrogolf bak; smelt vir 10 sekondes op hoog.
3.) Gooi die eier mengsel en meng, plaas op 'n omgekeerde piering en mikro vir 40 sekondes.
4.) Gebruik 'n vurk en trek die gekookte eier aan die kant na die middel van die bak en mikro weer vir 40 sekondes. Laat staan vir 1 minuut voor bediening.

AFLAAIBARE RESEPTE

Ham En Piesangs — Japtrap Kos — Kos In 'n Kwartier
Vinnige Aandetes Met Gaar Hoender — 1-2-3 Etes
Vinnige Aandete
-

Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.