DIE RESEPTE AFDELING
Vuil Mikrogolf?
Verhit ‘n 1/2 koppie asyn in die mikrogolf (dit is nie nodig om dit te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los. Vee mikrogolf met sagte lap uit. WENKE VIR DIE KETEL
• Vul ‘n nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel dan die volgende dag uit met skoon water.
• Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel die ketel uit. Dis onmiddelik skoon. • Aanpaksels aan ‘n ketel se element, verwyder dit deur te kook met asyn. • Voorkom aanpaksel deur ‘n glas albaster permanent in die ketel te gooi. • Plaas ketel in vrieskas tot die kante gevries is, en sodra dit ontdooi kom die aanpaksel af. Het jy geweet.....?
Tee bevat meer kaffiën as koffie. DRINKGOED
|
Het Jy Geweet ......
Is jou kos te warm? Te veel Chili in jou Kerrie? 'n Bietjie vars suurlemoen of lemmetjie sap sal die skop uithaal en dit sal nie so warm wees nie. 217 Egte Afrikaanse resepte Tradisionele Suid Afrikaanse Boererate en Boerekos Resepte
Ongebakte Melktert. 1 Blikkie kondensmelk (397 gram)
3 Opgehoopte eetlepels mielieblom 2 Eiers, geskei 1 Teelepel vanielje 2 1/2 Kondensmelkblikkies vol lou water 1/2 Teelepel sout 1 Eetlepel botter Tennisbeskuitjies of enige soortgelyke koekies Metode: 1.) Kook melk en water saam. 2.) Meng mielieblom, sout en ‘n bietjie water, net tot die mengsel vloeibaar is. 3.) Roer die eiergele in die meelmengsel. 4.) Roer die meelmengsel in die melkmengsel. 5.) Kook saam tot dik – roer aanhoudend. 6.) Laat effens afkoel. 7.) Roer botter en vanielje by. 8.) Klop eierwitte styf en vou in. 9.) Krummel tennisbeskuitjies oor ‘n tertpan se bodem. Skep die vulsel bo-op. 10.) Laat ‘n paar uur staan tot styf en bedien dan. 11.) ONTHOU: Gooi eers kaneel oor wanneer dit goed koud is, anders vorm barste op die vulsel. Moenie suiker oorstrooi nie. |
Springmielies
Maak 1 kilogram
2 koppies suiker 1 koppie water 1 teelepel kleursel |
Metode:
1.) Stoof: Kook die suiker en water tot 'n stroop. Voeg die kleursel by. 2.) Toets in koue water deur 1 druppel in water te gooi. As die druppel in die water val en nie uitmekaar spat nie, dan is dit reg.). 3.) Neem ongeveer 1/3 van 'n groot bak gespringde mielies. Gooi die stroop daar oor en roer vinnig. |
Moerse Lekker Biltong-potjie
Sjokoladeblokkies 1 koppie onversoete blikkiesmelk 2 koppies suiker 375 g. stukkies halfsoet sjokolade 1 teelepel vanieljegeursel 1 1/2 koppies klein malvalekkers |
Metode:
1.) Meng die melk en suiker in 'n kastrol en kook 2 minute lank oor middelmatige hitte. Roer aanhoudend. 2.) Haal van plaat af. Voeg halfsoet sjokolade en geursel by. Roer tot dit glad is. 3.) Gooi omtrent die helfte van hierdie mengsel in 'n gesmeerde pan, 20 cm. vierkant, uit. 4.) Bedek met malvalekkers en druk hulle versigtig in die mengsel. 5.) Smeer die res van die sjokolademengsel bo‑oor. Verkoel en sny aan blokkies. |
Bydraes sal baie waardeer word kontak my by [email protected]
Gebruik asseblief die volgende as die beskrywing My Bydrae anders mag ek dit dalk mis.
Gebruik asseblief die volgende as die beskrywing My Bydrae anders mag ek dit dalk mis.
7 Stappe tot 'n heerlike sjokolade-koppie
Mediese navorsers het bewys dat sjokolade 'n opkikker is. Dus is dit 'n briljante idee om dié bevindinge ter harte te neem en hierdie sjokolade-koppie op die proef te stel. Almal geniet sjokolade en selfs die wat sê hulle eet dit nie, sê nooit nee wanneer hul 'n blokkie of twee aangebied word nie. Dis 'n mikrogolfoond-resep, wat slegs vier minute neem om te maak.
Maak: 2 koppies Bereidingstyd: 2 tot 5 minute. Baktyd: 3 minute.
Benodig: 2 koppies (200 ml elk) uitgesmeer met botter of olie.
Beslag: 100 ml suiker 100 ml koekmeel 75 ml melk 75 ml olie/botter 50 ml kakao 1 eier 2 druppels Vanilla of Caramelgeursel Knippie sout 75 ml Choc-chips of 'n fyngemaakte piesang (ops) Versiersel: 100 ml drinksjokoladepoeier of kakao en suiker 100 ml water 5 ml Maizena |
1. Klop die eier, sout en suiker saam.
2. Meng die melk en olie in 'n ander bak saam. 3. Meng die eier-suiker mengsel saam met die olie- melkmengsel en vou die koekmeel en kakao met 'n vurk in. 4. Deel beslag in die koppies. 5. Plaas in mikrogolfoond en bak vir 3 min. op hoog. Moenie die bakproses onderbreek nie. Laat staan vir 'n minuut en haal dan uit. 6. Versiersel: Meng die sjokoladepoeier, water en Maizena saam en kook vir 20 sekondes op hoog, roer, en kook weer vir 20 sekondes. 7. Gooi die versiersel bo-oor die koek in die koppie. Die koek kan ook uitgedop word in 'n klein bordjie en so opgedien word met die versiersel bo-oor. Roomys kan bybedien word. |
As dit kom by vleis snitte dan is ek sommer deurmekaar, wie is nou gepla waar dit vandaan kom ? Net solank dit lekker is en die maag vol maak dan is alles mos reg. Hier is egter 3 kaarte wat die snitte aandui indien dit jou van hulp kan wees. Laai dit gerus af.
Bees Kaart en Snitte Skaap Kaart en Snitte Vark Kaart en Snitte
Bees Kaart en Snitte Skaap Kaart en Snitte Vark Kaart en Snitte
Hierdie is 'n baie ou boekie en vertel ons meer oor tee. Ek het van my eie moeder gekry. Ek weet nie in watter jaar dit uit- gekom het nie, net dat dit baie oud is. 60 jaar of selfs ouer.
Waar Tee Vandaan Kom |
NOG MEER RESEPTE
|
AVOKADOPEER
Die vrug is baie gesond en is gevul met vesel wat help om die gestel van kinders op te bou |