Mikrogolf Resepte
MIKROGOLF SJOKOLADE OF WITKOEK.
|
Klits saam
1 koppie suiker (250 ml) 1 koppie water (250 ml) 2 groot of 3 klein eiers 2 eetlepels kook olie (20 ml) 1 eetlepel Mayonaze (10 ml) 1 teelepel vanilla (5 ml) Meng by 1 koppie bruismeel (250 ml) 1 teelepel bakpoeier (5 ml) 1/2 teelepel sout 3 eetlepels kakao (30 ml) Vir wit koek vervang kakao met mazina |
Metode:
1.) Klits goed. 2.) Spuit of smeer ‘n 2 liter bak. 3.) Sny servet of waspapier en sit onder in bak. 4.) Gooi deeg in en sit deksel op. 5.) Plaas bak op omgekeerde piering en mikrogolf op Hoog vir 9 minute (Volle krag). 6.) Laat staan vir 2 minute in toe oond. 7.) Gooi uit op draadrak. 8.) Sny koek deur en versier gewoonweg. LEKKER EET!!!!!! Mikrogolf Sjokolade Of Wit Koek |
Aartappels In Mikrogolf — Hoender In Mikrogolf — Mikrogolf Hoender
Mieliebrood Mikrogolf — Mikro Appelkooskonfyt — Mikro Gevulde Aartappels
Mikro Italiaanse Pizza Sous — Mikro Kaasbeskuitjie Happies — Mikro Mieliebrood
Mikro Peper En Ham Rolletjies — Mikro Pizza Kors — Mikro Seekos-Spesialiteit
Mikro Smaaklike Aartappel Gebak — Treffer Fudge In Mikrogolf — Mikro Visryke Vrydag
Mikrogolf Klapperys — Rys in Mikrogolfoond — Stokvis en Sampioensous -- Mikrogolf Resepte
Mikrogolf Krummelpap (4 tot 6 porsies).
500 ml koue water
7 ml sout
1 blik (410 g) pitmielies gedreineer (opsioneel)
250 g (500 ml) mieliemeel (vir braaipap indien beskikbaar)
Bespuit 'n mikrogolfvaste bak met 'n volume van 1½ liter met kleefwerende middel. Gooi die water, mieliemeel en sout daarin en roer tot dit gemeng is. Sit die deksel op of bedek met kleefplastiek waarin 'n paar gate gesteek is.
Mikrogolf die pap vir 5 minute op volsterkte(100%). Roer dit met 'n groot vurk tot krummelrig, bedek weer en mikrogolf vir 'n verdere 5 minute op volsterkte(100%).
Roer weer tot krummelrig met 'n vurk, bedek weer en mikrogolf vir nog 10 minute op halfsterkte(50%). Voeg die mielie- pitte by en roer weer met 'n vurk.
500 ml koue water
7 ml sout
1 blik (410 g) pitmielies gedreineer (opsioneel)
250 g (500 ml) mieliemeel (vir braaipap indien beskikbaar)
Bespuit 'n mikrogolfvaste bak met 'n volume van 1½ liter met kleefwerende middel. Gooi die water, mieliemeel en sout daarin en roer tot dit gemeng is. Sit die deksel op of bedek met kleefplastiek waarin 'n paar gate gesteek is.
Mikrogolf die pap vir 5 minute op volsterkte(100%). Roer dit met 'n groot vurk tot krummelrig, bedek weer en mikrogolf vir 'n verdere 5 minute op volsterkte(100%).
Roer weer tot krummelrig met 'n vurk, bedek weer en mikrogolf vir nog 10 minute op halfsterkte(50%). Voeg die mielie- pitte by en roer weer met 'n vurk.
Mikro Peper En Ham-rolletjies. Maak 4 porsies 2 fyngekapte grasuie 8 sampioene, fyngekap 1 selderystingel, fyngekap 1 eier, effens geklits 60 ml Cheddar‑kaas, gerasper 8 snye ham 125 ml vars witbroodkrummels 1 pakkie pepersous, aangemaak met 125 ml melk en 125 ml room Metode: 1.) Meng al die bestanddele behalwe die ham en peper- sous goed saam. 2.) Verdeel die mengsel en smeer dik oor elke sny ham. Rol dit op en steek vas met 'n tande-stokkie. Bak by hoog vir 5 tot 7 minute. 3.) Berei die sous voor met die melk en room volgens die aan- wysings op die pakkie (hoog 4 tot 5 minute) en bedien as by- kos saam met ham-rolletjies. 4.) Sit warm voor saam met 'n slaai. |
Mikrogolf Fudge Almal van ons het maar 'n voorliefde vir iets wat lekkers, die gee ons plesier en maak ons goed voel, nie waar nie? Hier is 'n maklike en vinnige resep vir so-iets. 1 pak versiersuiker 1 blik kondensmelk 1 eetlepel stroop 125 gram margarien 1 eetlepel suurlemoensap 1 eetlepel vanielje Meng alles saam. Kook vir 12 minute op hoog(100%). Gooi 1 eetlepel vanielje en roer vinnig. Klop vir 1 minuut . Gooi in 'n gesmeerde bak en laat afkoel. Sny in blokkies. |
Mikrogolf Klapperys.
1 Blik kondensmelk (400g)
37,5ml Margarien (3 eetlepels) 5ml Kleursel 500g Versiersuiker 200g Klapper (Moirs) • Smelt kondensmelk en margarien saam vir 2-minute op Hoog. • Voeg versiersuiker en klapper by en roer tot gemeng • Mikrogolf 5-minute op hoog. • Roer dadelik kleursel by, gooi uit in houer om te stol (mengsel stol gou!). • Laat afkoel en sny in blokkies. Omelet in die Mikrogolf.
Neem ongeveer 2 minute 2 groot eiers 1 eetlepel koue water botter Knippie sout en peper Metode: 1.) Klits die eiers, water, sout en peper saam. 2.) Plaas een eetlepel botter in 'n vlak mikrogolf bak en smelt dit op hoog vir 10 sekondes. 3.) Gooi die eiermengsel in en plaas die bak op 'n bord wat omgekeer is. Stel mikrogolf op medium-hoog en maak gaar vir 40 sekondes. 4.) Gebruik 'n vurk en trek die buite-kante van die gaar- gemaakte eier na die middel van die bak maak gaar vir 'n verdere 1 minuut en 40 sekondes. 5.) Laat staan vir 1 minuut voor opdiening. Nota: Tye mag verskil van mikrogolf na mikrogolf. Dit hang af wat die sterkte van jou oond is. |
Hoender In Mikrogolf
Ontvries hoender (450 gram) vir 5 tot 6 minute. Mikrogolf dan op hoog (100%) soos onder aangedui.
1 porsie - 2½ tot 5½ minute
2 porsies - 5½ tot 8 minute 3 porsies - 6 tot 8½ minute 4 porsies - 8½ tot 12 minute Voeg kruie en speserye halfpad deur die proses by.
Tye mag varieer met verskillende mikrogolfoonde. MIKROGOLF ROEREIERS
|
Vuil Mikrogolf?
Verhit ‘n 1/2 koppie asyn in die mikrogolf (dit is nie nodig om dit te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los. Vee mikrogolf met sagte lap uit. |
'n Heerlike, vinnige en maklike manier
om vir jou ontbyt te maak. Laai die resep af en maak jou lewe makliker. |
Burger Patties in Mikrogolf
Verf met gesmelte botter. Gooi paprika op en mikrogolf vir 3 minute op hoog (100%). Draai om en herhaal die proses soos hierbo. Tye mag varieer met verskillende mikrogolfoonde.
Verf met gesmelte botter. Gooi paprika op en mikrogolf vir 3 minute op hoog (100%). Draai om en herhaal die proses soos hierbo. Tye mag varieer met verskillende mikrogolfoonde.