Smeerkaas
3 koppies Melk
1 kg geprosesseerde kaas in klein blokkies gesny (dobbelsteentjie groote) 500 g margarine (blok) in blokkies gesny Metode: Kook melk en margarine in ‘n pot en sodra melk mengsel kook, gooi dan die kaas bietjie vir bietjie by. Roer aanhoudend sodat dit nie aanbrand nie. As al die kaas bygevoeg is en melk mengsel goed kook, stel die hitte laër (4) en roer tot al die kaas gesmelt is. Hou so aan totdat die mengsel verdik. Jy kan fyn biltong byvoeg na die tyd of geurmiddels wat gebruik word vir springmielies. Skep dan in bottels terwyl dit warm is seël en bere in yskas. Dien hierdie maklike bobotie saam met rys en mengelslaai op. Dit bly altyd ‘n gunsteling. |
Maak 4 porsies 1 middelslag ui, geskil en gekap 1 soetrissie, ontpit en gekap 25 ml kookolie 10 ml matige kerriepoeier 1 blik (300g) soutvleis, fyngemaak 50 ml asyn 25 ml fyn appelkooskonfyt knypie peper 1 eier 60 ml melk 3 middelslag piesangs, geskil en in skyfies gesny Metode: 1.) Stel die oond op 180°C (350°F). 2.) Smeer ‘n vuurvaste skottel met ‘n volume van 1,5 liter. 3.) Braai ui en soetrissie net tot sag. 4.) Voeg kerriepoeier by en braai nog effens. 5.) Voeg die vleis, piesang skyfies, asyn, konfyt en peper by en meng. 6.) Skep in ‘n skottel. 7.) Klits eier en melk saam en gooi bo-oor. 8.) Bak vir 30 minute. Sit warm voor. |
SKAAPPASTEI laai af
Volgens die resep, gemaak soos dit al vir generasies gemaak is, word die skaapnek stukke nie ontbeen nie omdat die been 'n heerlike geur aan die gereg gee.
Bedien 6 tot 8 mense
Deeg 2 k koekmeel 1 t bakpoeier ½ t sout 1 k botter 65 ml yswater Vulsel 2 kg skaapnek 2 k water 6 heel naeltjies 6 eiers 125 ml asyn 125 ml suiker ¼ t mosterdpoeier sout en peper, na smaak 1 eier, vir verf van deeg |
Deeg
Sif meel, bakpoeier en sout saam en rasper botter in die meelmengsel in. Vryf botter met vingerpunte in meel in. Voeg yswater by, meng en plaas die deeg in ‘n plastiekhouer met 'n deksel, laat staan ‘n paar uur in die yskas. Rol deeg uit en voer 'n gesmeerde vuurvaste bak daarmee uit. Daar sal deeg oorbly wat bo-op kom. Vulsel Voorverhit oond by 180 º C. Kook vleis ± 20 minute in die water saam met die naeltjies tot sag, dit moet nie van die been af val nie en daar moet so 1 koppie vleisaftreksel in die pot oor wees as die vleis klaar gekook het. Klits eiers, suiker, asyn en mosterd saam en maak gaar in pan. Voeg by die sag gekookte vleis en sous. Geur met sout en peper en laat effens afkoel. Skep in die uitgevoerde skottel, bedek met die res van die deeg, versier en smeer met eier. Bak 20 tot 30 minute tot goudbruin. |
|
HEERLIKE SOP
NET DIE DING VIR DIE KOUE WINTER AANDE
|
'n VERSAMELING RESEPTE
|