DIE GEDIGTE AFDELING
Bewaarders
"Ode aan oom Jannie en tannie Sannie. Julle droom is vervul, myne is bewaarheid. Rus in vrede...." ++++++++++++++ Ek was twaalf, verdwaal in my gedagtes, toe pa sê tant Sannie en oom Jannie gaan 'n draai maak in die verbygaan; iewers in die verlede het ek 'n vrees ontwikkel vir hierdie oom en antie; 'n kort, vet omie met 'n dik bril en strikdas, wat oorskadu word deur 'n ronde antie met 'n gesig soos 'n krokodil se rug, kom daar aan met 'n geraas en gelag en trane en drukkies en blikke koekies; vanaand moet ek saam met hulle gaan, die koshuis op Pietersburg is op hul pad; goed onthou ek hulle van die laaste keer; 'n padkaart was nodig om haar lippe te vind wanneer sy jou vasgryp om hallo te soen; oom Jannie het altyd van beter geweet want hy was die een met die pampiere, maar hulle het nie 'n voorraad kinders nie, pa het gesê tant Sannie het "geshort" as oom Jannie se Ford op spoed kom; ek het nie verstaan nie tot boetie verduidelik het, bewende kom ek ingesluip en die boere antie gryp my en druk my en sy huil krokodil trane, en die omie, wel, hy kon nie 'n woord sê nie, hulle soeke het uiteindelik tot 'n einde gekom; ons was arm maar kon oor die weg kom, skoene was daar nie, net drome oor more; my vrees het gewyk voor die dierbare mense, met harte van goud en 'n ongekende liefde; dit was voorwaar 'n gawe van die Almagtige. 27/01/2015 © C. du Plessis Geliefde
Ek wil dit vir jou sê, waar jy neffens my lê en my sag betas en bestreel met woorde wat net ons deel is die hemele belig met glorie en is daar lig op my paadjie. Ek wil nie sonder jou bestaan, soos jy my elke dag vermaan om te vergeet wil ek verhard want ek twyfel nog in my hart; maar jy bring vir my net meer en jou liefde is nou in beheer. As ek deur jou woorde gaan vind ek min wat ek verstaan en draai en maal 'n gedagte wat met geheimsinnige magte die gevoelens wat ek ervaar vir my openbaar en verklaar. Elke keer wat ek jou omblaai skreeu jou bladsy vir my: "Eer die Here jou God!!" 20/07/2015 © C. du Plessis Smeulende vuur
My hart verlang, ek wonder waar my liefde haar bevind, daarin smeul daar 'n smart, net nog 'n duister gedagte. Sou die vrug ryp kon word, soet soos heuning, helder, met 'n lewenssap wat vloei om honger tevrede te voed. Sou ons tesame kon staan en gelukkig saam kon lag? Wat 'n wonderlike gedagte en krag vir die lange nagte. Ek hoor jou as jy sag fluister, ruik jou parfuum in die nagte, ek weet jy hou oor my wag wyl ek rusteloos voort stuur. Die puin van die groen hout smeul aldag, sonder ophou, so is my liefde vir jou getrou want groen hout brand sleg. 20/03/2016 © C. du Plessis Hier is so 'n paar skakels na ander webwerwe wat Afrikaanse inhoud het. Daar is gedigte asook ander goed soos hoe om te skrywe, meer oor S.A. digters en die taal, ensovoorts.
http://www.ink.org.za Skryf in Afrikaans. Vir gedigte, verhale, ens. Besoek gerus www.webmator.com Veskeie skakels na webwerwe met afrikaanse inhoud pressaboutus.com Pro-afrikaanse aksiegroep met verskeie skakels www.litnet.co.za 'n Webwerf met verskeie afdelings, rubrieke, en forums. oulitnet.co.za PoësieNet is ’n platform vir gepubliseerde sowel as ongepubliseerde skrywers. www.woorde.co.za Afrikaanse digters met skakels na hul werk www.soek-afrikaans.co.za Afrikaanse webwerwe soek-enjin Waar Engele dans
Terwyl jy onrustig in pyn wag wil ek jou versterk en vermaan met harde woorde wat die pad verlig en jou met vrede vereer. Ek wil jou vertel van Sy krag wat my dra soos ek voortgaan op my weg met my wange nat en twyfel wat my hart verskeur. Met die Lig as poorte wat wag kom vreugde langs my staan met Saligheid wat my hand vat om alle onreinheid weg te keer. Sy ongekende liefde is wat wag waar Engele dans in die maan wat die weg aandui na die stad waar ek ewig veilig sal verkeer. Ek wil groet met 'n kus en lag sodat siel en liggaam opstaan en die hand wat die Engel vat met liedere die Heer sal vereer. Waar die Engele dans en sing dit is waar die Here ons inwag. 22/06/2015 © C. du Plessis |
Die Ou Voortrekker
My kinders om my bed geskaar Ek voel die lange tog is klaar, Die laaste uitspan daar, --- Dank Heer, dat U aan gindse kus Die moeë trekker gun sy rus, Na opdraans lank en swaar. Die ou familiebybel daar Moet julle meer as goud bewaar; Hy was deur al die swaar My raad en troos in tyd van nood, Nou in die ure van die dood My vaste steunpilaar. Daar aan die muur hang my geweer; Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer By dreigende gevaar Was net sy snelle, wisse lood Ons een’ge redding van die dood Deur roofdier of barbaar! Majoebaberg die ken sy knal; Die grootwild het voor hom geval, En leeus die stof gebyt! Mag daar nooit iemand met my van, Wat nie kan skiet --- geen weerbaar’ man, --- Die lewe hulploos slyt. Besonders wil en julle vra: Hou vir gedagt’nis my ou wa; Wat het hy nie deurstaan? Hy was ons huis as onweer dreig, Ons vesting sterk in felle kryg Met Silkats en Dingaan! Hy kan getuig van moedermin: Die Lewe het in hom begin; Die kille Dood ken hy. Wat ‘n verhaal kon hy ontvou Van mannemoed en vrouetrou En eerste liefde bly! Gee aan ou Poon, my laaste perd, Genadebrood. Hy is dit werd. Vir hom is daar geen geld! Hoe dikwels het ons twee gedeel My laaste bietjie mieliemeel Daar buite op die veld! My kinders bly die grond behou; Onthou julle afkoms; wees getrou! Laat vreemde sedes staan! Al bars die swaarste onweerswolk Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk En sal ons voortbestaan. Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag --- Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag --- Ek sal daar nie meer wees ---, Maar mag ons eie vlag weer waai, Vat my geweer en skiet en laai --- En . . . Heer, ontvang my gees ! A.G. Visser Hier is 'n versameling bundels van Melt Brink:-
Nationale en Afrikaanse gedigte in Kaaps-Hollands. Bundel A Bundel B Bundel C Die ruiter van
Skimmelperdpan Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan, By ‘n draai in die mond van die kloof, Het ‘n bom in die oorlog ‘n vlugtende man Op ‘n perd soos ‘n swaardslag onthoof. Aan die saalboom krampagtig die hande verstyf, Met ‘n laaste stuiptrekkende krag, En die bene geklem soos ‘n skroef om sy lyf, Op die perd sit die grusame vrag. Met sy neusgate wyd en die ore op sy nek, Soos die wind yl verbysterd die dier, Met die skuim in wit vlokke wat waai uit sy bek, En gespan soos ‘n draad elke spier; By die huisie verby waar ‘n vrou staan en kyk … In die afkopding ken sy haar man … Met ‘n onaardse gil val sy bleek soos ‘n lyk … Perd en ruiter verdwyn in die Pan! Wee die reisiger wat daar onwetend kom skuil Waar bouvallig die huisie nog staan, En vreesagtig by wyle ‘n nagdiertjie huil By die newelige lig van die maan! Want by middernag waai daar ‘n wind deur die kloof, Waai en huil soos ‘n kindjie wat kerm, En dan jaag daar ‘n perd met ‘n man sonder hoof … Wie dit sien, roep verskrik: “Heer, ontferm!” Want die vuurvonke spat waar die hoefslae dreun, En dit vlam uit sy neus en sy oog; Styf en stram sit die ruiter na vore geleun, En die bloed uit sy nek spuit ‘n boog; En dan eensklaps van uit die vervalle gebou Kom ‘n vreeslike skrikbeeld gevaar, Al die hare orent – ‘n waansinnige vrou Met ‘n hande-wringend gebaar: “Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer? Waarom jaag jy my elke nag op? Sal daar nimmer ‘n einde kom … altyd maar weer Die galop … die galop … die galop?!” Die afgryslike klank – nog gehuil nog gelag – En die perd met die romp van ‘n man …! Dis geen plek vir ‘n Christenmens daar in die nag Langs die pad na die Skimmelperdpan! A.G. Visser Versamelde Gedigte - A G Visser Versamelde Gedigte - C Louis Leipold Oom Gert Vertel en Ander Gedigte DIGNET-Woordeboek Die Gebruik Van Leestekens In Gedigte Skryf Wenke Vir Gedigte Enkele Wenke Oor Die Skryf Van Gedigte Afrikaans Bly My Taal Afrikaanse Liedere Tradisionele Liedjies Van Die Ou Dae Digters Uit Suid-Afrika - Dr. E. C. Pienaar Die Vlakte En Andere Gedigte - Jan F.E. Celliers Die Republiek Van Duisend Jaar - GA Watermeyer In Die Hoëveld
In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo, Waar kuddes waaigras huppel oor die veld, Waar 'n mens nog vry kan asemhaal en aan 'n God kan glo, Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld. En as ek in die gange van die myn hier sit en droom Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry, Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom, Sawens as ek bees- of skaap-toe ry. Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien, (Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel) Staan my huisie nog en wag vir my, wag al 'n jaar of tien, Waar die bokkies op die lei-grafstene speel. Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit, Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit Waar ek kleiosse gemaak het as 'n kind. Toon van den Heever |