Allerlei Goeters
Matte Vol Vlekke? Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit. Meng: 4 eetlepels brandspiritus 4 eetlepels wit asyn 4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" 1 liter warm water Spuit met 'n sproeikannetjie op die kol en borsel dit deeglik. Vir gestoffeerde meubels - spuit die kussings en borsel dit deeglik. |
Hare (wenke, resepte).
Hoëproteiën-kopvel behandeling.
Die behandeling stimuleer die bloedsomloop na die kopvel. Dit laat die kopvel tintel. Dit werk nie vir almal nie, maar is betreklik suksesvol.
250 ml vars afgeroomde melk
1 eiergeel
2 kapsules koringkiem (gebreek)
1 eetlepel vars koringkiem
1 eetlepel natuurlike koring semels
1 eetlepel lesitien kapsules (gebreek)
Vryf in die kopvel, masseer deeglik in laat los aan vir tien minute. Spoel deeglik af met warm water. Sjampoe en gebruik opknapper.
Die behandeling stimuleer die bloedsomloop na die kopvel. Dit laat die kopvel tintel. Dit werk nie vir almal nie, maar is betreklik suksesvol.
250 ml vars afgeroomde melk
1 eiergeel
2 kapsules koringkiem (gebreek)
1 eetlepel vars koringkiem
1 eetlepel natuurlike koring semels
1 eetlepel lesitien kapsules (gebreek)
Vryf in die kopvel, masseer deeglik in laat los aan vir tien minute. Spoel deeglik af met warm water. Sjampoe en gebruik opknapper.
Kersie-en-amandel-haarsproei help vir blink hare
Neem 'n paar druppels kersie- en amandelekstrak, meng met 'n paar druppels suurlemoensap en water en sproei aan die hare totdat dit ekstra blink is.
Bronkors-haarwas help vir olierige hare.
Sit 'n handvol bronskors fyn gemaak in een koppie water en verhit die mengsel. Kook dit vir 10 minute. Giet dit deur 'n sif en behou die water. Laat die water afkoel en gebruik watte om aan skoon gewaste hare te sit. Los dit aan vir 20 minute en spoel af. Die behandeling is ryk aan vitamien A, C en E, yster en fosfor. Dit help omhare te laat blink.