ALGEMEEN EN ALLEDAAGS
Hierdie bladsy is vir die algemene en alledaagse goeters wat ons doen. Soos stokperdjies, handwerk, sport karre ensovoorts. Dit meen allerhande informasie wat nie regtig 'n plek het nie.
|
Vloeibare Seep
Gooi alle ou oorskiet seep (gerasper of klein stukkies gesny) in 'n fles met kookwater, voeg 5ml Gliserien en die sap van 2 lemoene by. Bêre in 'n spuit seep houer.
Deurskynende seep.
Om deurskynende
seep te maak benodig jy die volgende:-
500 g deursigtige seep korrels, 5 ml pampoenpit olie, 2,5 ml basilie‑olie, 2,5 ml vlugtige olie van suurlemoen tiemie, 5 ml gedroogde basilie 5 ml vars tiemie. Maak so: Smelt die seep korrels in 'n vlekvrye staal pot oor die laagste hitte. Dit moet nie kook nie, die seep sal melkerig word. Haal die pot van die plaat af en laat dit 'n paar minute afkoel voordat jy die olies byvoeg. Voeg die kruie by en roer dit met 'n vlekvrye staal lepel of plastiek spatula. Giet mengsel in klein, ronde plastiek bakkies en laat dit sowat een uur staan. As die seep gestol het, kan jy dit uit die vorms haal en sny, verpak en gebruik. Deurskynende Seep
Gliserienseep met gedroogde blomme Kouewater Seep Maak Jou Eie Roomseep Maak Jou Eie Koud Geprosesseerde Seep Seep Hou Die Dinge In Gedagte Seep maak Tegnieke Wit Seep Met Gliserien blokkies Laai af en probeer dit, jy het niks om te verloor nie.
|
Lessenaarstel
Hier is 'n handige ding wat julle kan maak vir al daardie penne en potlode wat so op
jou tafel rondlê op kantoor. ____________________________
Maak jou eie kerse
Wou jy nog altyd jou eie kerse gemaak het? Laai dan die af en geniet jouself. Al gedink daaraan om plastiek of karton te herwin. Dit kan 'n lekker tyd verdryf word en dan ook nog 'n sak geldjie vir jou verdien. Hou die kinders ook doenig!
IS DIT WEER TYD OM TE VERF?
Daar is baie slaggate waarvoor 'n mens op die uitkyk te wees. Hier is 'n paar dinge om in gedagte te hou. Vermy die verf Slaggate |
Het jy peste en plae en allerhande ander probleme? Benodig jy 'n middel om dit reg te stel? Probeer hierdie tuisgemaakte mengsels!
Laai af en probeer dit, jy het niks om te verloor nie.
Tuisgemaakte Mengsels
Laai af en probeer dit, jy het niks om te verloor nie.
Tuisgemaakte Mengsels
Maak jou eie papier vir daardie spesiale geleenthede.
Behalwe baie ander antieke kunste wat hulle bedryf, maak die Japannese reeds eeue lank pragige papier. Ons onthou ook seker almal dat ons op skool geleer het van die ou Egiptiese papier wat van papirus gemaak is.
Deesdae kry mens pragtige handgemaakte papier met die wonderlikste teksture in die spesialiteitswinkels te koop en in kunsgalerye te sien.
Handgemaakte papier kan net so geraam word, of dit kan gebruik word vir aantreklike kaartjies, om op te skilder of vir kalligrafie.
'n Mens hoef nie kunssinnig te wees om papier te kan maak nie.
Klik op die prentjie om af te laai

Maklike Projekte
vir die doen dit self mense |
BOU JOU EIE SLEEPWA — GEBRUIK HIERDIE MAKLIKE PLANNE