WELKOM BY PHANTOCOMP
GRATIS! E-boek IN AFRIKAANS Gaan na die Boeke afdeling en kry die gratis e-boek.
| Is jou siel gesond Sommige Christene is geneig om te kyk na die donker sy van alle dinge en te murmureer oor wat hulle deurmaak of deurgemaak het, eerder as om God te loof vir dit wat hy vir hulle gedoen het.
As jy vra wat hulle indruk van die Christelike lewe is dan beskryf hulle die aanhoudende konflikte, beproewinge (droefheid, hartseer, pyn, ens.), die ongelukkigheid en sondigheid van hulle harte. Maar selde word daar verwys na die hulp, bystand en verlossing wat God uit liefde aan hulle gegee het. 'n Christen wie se siel in gesonde toestand is sal egter met blydskap na vore kom en sê: "Ek sal nie vir of oor myself praat nie maar tot eer van die Here. Hy het my uit die aaklige put van klei en die moeras gelig en veilig op 'n rots geplaas. Hy het my weë bepaal en 'n lied in my hart en mond geplaas. Hy het groot dinge vir my gedoen, en ek kan net dankbaar wees." So 'n abstrakte beeld van onder-vinding is van die beste wat enige kind van die Here kan voorlê. Dit is waar dat ons beproewinge deurmaak maar dit is net so waar dat ons dit oorwin. Dit sou egter verkeerd wees om nie te erken dat ons deur slegte tye gegaan het en dat ons as oorwinnaars uit gekom het danksy die Here onse God nie. Ons verdriet en hartseer moenie ons verheerliking van God oorskadu nie. Die Bybel (1953) Psalm 126 Psalm 126:2 - 3 2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. 3 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! AANHALINGS UIT
HEBREëRS Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb 11:1) "Die broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. (Heb 13:1&2)
|
GEDAGTE
|